Friday 13 November 2015

PAUL ROUX VILLAGE HOLHOEK CYCLING AND RUNNING EVENT' A GREAT SUCCESS

Die Paul Roux Inwoners Forum het Saterdag, 10 Oktober 2015 hul eerste Holhoek 40km Bergfietsresies/10km Pretdraf en Watervalstaproete gehad.  Dit was ‘n fondsinsameling om die Rooidam in Paul Roux te red asook om ons area te bemark as ‘n toeristeaantreklikheid.  Twee boere in die omgewing, Gert van Zyl (Holhoek) en Andries van Vuuren (Marocco) het die Forum die geleentheid gebied om die sportgeleentheid op die onderskeie plase aan te bied. 
Roetes is beplan en die bemarking het begin en so ook die naelbyt, want in elkeen se gedagtes was die vraag:  “Gaan mense belangstel?”  Soos altyd het die Oos-Vrystaat nie teleurgestel nie en het ons verskeie inskrywings vanuit Bethlehem en Paul Roux gekry selfs so ver soos Edenvale.  Radio Maluti het ook nie teruggestaan nie en het die dag met groot ywer bemark en selfs ‘n lewendige uitsending van daar gedoen. 
Daar  het ook ‘n brand op Holhoek ontstaan en die Forum het besef dat Paul Roux toegerus moet word met brandbestryding toerusting asook opleiding daarin.  Die Paul Roux Bewaringsareakomitee gaan die nodige navrae doen vir toerusting en boere reeds aangedui dat hulle sal help met die opleiding. 

Die dag het baie goed afgeloop en deelnemers het met positiewe terugvoer na die Forum teruggekom. Aan elke deelnemer, ons borge, aan die twee boere, aan elke kosstalletjie, aan al die helpers en elke ander persoon wat net opgedaag het om te kom ondersteun sĂȘ ons net baie dankie.  Sonder julle kon ons dit nie doen nie.  Ons is alreeds besig om te beplan vir volgende jaar!














Paul Roux New Year's Eve 2015 Dance